Skip to main content

SENTRAAL MUSIEK-AKADEMIE

Die Sentraal Musiek-Akademie (SMA) is tans die grootste skoolgebaseerde sentrum vir musiekopleiding in die Vrystaat.  Die SMA is in 2007 deur Mev. Ronella van Rensburg gestig om te vervul aan die behoefte vir spesialis musiekopleiding vir Hoërskool Sentraal en die omliggende dele in Bloemfontein.  Mnr. Hans Potgieter was die hoof van 2011 tot 2020, waarna Wikus van Zyl oorgeneem het. Sedert Januarie 2025 is Me. Maritsa Barlow aan die bestuur van die SMA.

Die visie van die SMA is om ‘n platform daar te stel vir spesialis musiekonderrig van die hoogste standaard, en om ‘n omgewing van kreatiwiteit, dissipline en liefde vir musiek en die kunste te skep.  Hieraan kan slegs hoogs gekwalifiseerde leerkragte met ‘n passie  vir hulle onderrigveld voldoen.  Die SMA bied kwaliteit vakmusiek- en instrument-onderrig aan leerders van Sentraal en ander skole in Bloemfontein. Benewens musiekonderrig bied die SMA ook geleentheid aan leerders om in ‘n verskeidenheid van instrumentale ensembles te speel.

SMA Personeel

Alida van der Walt

Heiletta Schoeman

Maritsa Barlow

John Holloway

Lizette Holloway

Claire Röntsch

Paul Loeb van Zuilenburg

Lesley-Ann Matthews

Privaat Musiek-Personeel

  • Thapelo Mofokeng
  • Tilla Henkins

2022 tot 2023:

VAKMUSIEK

  • Tydens die 2021 Gr. 12 finale eksamen behaal 1 SMA 8ste vak leerder 90% in Musiek as Vak in die Vrystaat.
  • Tydens die 2022 Gr. 12 finale eksamen behaal 2 SMA vak leerders bo 80% in Musiek as Vak in die Vrystaat.
  • Jaarliks is Sentraal se Vakmusiek uitslae van die hoogste in die Vrystaat.

FICHARDTPARK MUSIEK-KOMPETISIE

  • In 2022 dring 3 Leerlinge deur na die finale rondte en wen Donoven Havenga die Sangbeker.
  • In 2023 dring 5 Leerlinge deur na die finale rondte, waar Josh Faber die Sangbeker wen, en Anneke Wolvaardt die Junior Klavier-afdeling wen.

MUSICON MUSIEK-KOMPETISIE 2023

  • 4 Leerders van die SMA word as wenners by die Musicon kompetisie aangewys:
  • 2de plek Houtblasers – Katherine de Wet
  • 3de plek Senior Klavier  – Fanie van der Linde
  • 1ste plek Senior Klavier – Ulrich Brand
  • 1ste plek Houtblaser – Rosslyn Sorour
  • Algehele wenner – Rosslyn Sorour

VRYSTAATSE KUNSWEDSTRYD 2022

  • SMA leerders behaal 12 A, 16 A+ en 7 A++ toekennings.
  • Ulrich Brand ontvang die Anneke Lamont Wisseltrofee vir die beste vertolking van ‘n Barokwerk by die Vrystaatse Kunswedstryd.
  • Anneke Wolvaardt ontvang die Jenny Reed Wisseltrofee vir die beste vertolking van ‘n Romantiese werk by die Vrystaatse Kunswedstryd.

GOUDVELD KUNSWEDSTRYD 2023

  • SMA leerders behaal 2 A+ en 17 A++ toekennings.
  • Marga Wolvaardt is die kategoriewenner vir die beste vertolking van ‘n Impressionistiese werk vir Gr. 7 klavier.
  • Anneke Wolvaardt is die kategoriewenner vir die beste vertolking van ‘n Moderne werk vir Gr. 6 klavier.
  • Marius van der Merwe is die kategoriewenner vir die beste vertolking van ‘n 20ste Eeuse werk vir Gr. 8 klavier.

EKSTERNE EKSAMENS 2022

Praktiese Eksamens

  • Leerders behaal 6 Lof en 6 Meriete toekennings vir eksterne ABRSM en Trinity praktiese eksamens.
  • 3 Leerders behaal persentasies van 97%, 94% en 92% onderskeidelik met die praktiese eksamens.
  • 2 Leerlinge word uitgenooi en neem deel aan die ABRSM Vrystaat/Noord Kaap Streekskonsert.

Teorie Eksamens

6 Leerders behaal Lof (met 5 leerders bo 90%)

VRYSTAATSE JEUGORKES 2023

Christelle Strauss, Czerner Human en Andrea du Toit word gekies as lede van die Vrystaatse Jeugorkes.

KONSERTE

Kwartaallikse konserte verseker dat alle leerders ‘n geleentheid kry om hulle talente en die uitvoering van musiek te bevorder.

Die CASALEGGIO MUSIEKAAND in Augustus is die SMA se jaarlikse hoogtepunt, waar die koor, orkes, soliste, massakoor en gaskunstenaars saamkom om die jaar se musiektalent te vier.  Hierdie geleentheid is in 2023 deur die UV geborg, met die Odeion Strykkwartet wat as gaskunstenaar opgetree het.

🎵

🎵

🎵

🎵

🎵

🎵