Leesprogram


Sentraal bied ‘n gratis rekenaarondersteunde leesprogram aan vir enige leerder van die skool wat graag hul punte wil verbeter in óf Engels óf Afrikaans, of beide.
Dit is nie net gemik op leerders wat sukkel met vloeiende lees nie. Die program ontwikkel ook vaardighede soos begrip en leesspoed en bevat ook oefeninge wat help met die uitbreiding van taalvaardighede.
Die program word gratis aangebied aan enige ingeskrewe leerder van Sentraal en word in die middae net na skool tot half drie aangebied.
Leerders kan self kies watter middag hulle wil kom oefen, in ag geneem hulle ander buitemuurse aktiwiteite.
Die program ontwikkel leesvaardighede vanaf Gr 7-vlak to Gr 12-vlak. Elke leerder werk teen sy of haar eie spoed op die rekenaar en word bygestaan deur ‘n onderwyser wat hulle vordering monitor.
‘n Rapport word kwartaalliks aan die ouers gestuur. Die betrokke leerder se taalonderwyser sal ook hulle vordering monitor en terugvoer verskaf aan die ouers, indien nodig.
Hierdie leesprogram word ook gebruik as ‘n intervensiemiddel en werk nou saam met die skool se remediërende program.
