In die hart van Tralieland…
Sentraal bied ‘n wye verskeidenheid akademiese vakke wat sal bydra tot die groei van u kind op ‘n groot verskeidenheid areas. Die Hoërskool Sentraal beskik oor ‘n unieke oop vakkeuse wat beteken dat die leerders enige DRIE vakke vanaf graad 10 kan kies. Dit stel die leerders in staat om hulle beter voor te berei vir moontlike beroepsrigtings omdat hulle die vakke kan neem waarvoor hulle aangelê is en wat betrekking het op hulle spesifieke belangstellingsveld.