Eie Haard Koshuis is op die skoolterrein geleë, binne loopafstand van Hoërskool Sentraal.
Eie Haard is ‘n netjiese tweede tuiste vir 240 Tralies. ‘n Kamer huisves slegs twee leerders, elk met sy eie lessenaar, kas, boekrak en kragpunt. Die kragopwekker laat die Eie Haarders nooit in die donker nie.
Die rekenaarlokaal met rekenaars wat internet toegang het, asook skandeer en kopieer geriewe, kan gebruik word vir skooltake. Leerders het toegang tot gekontroleerde WiFi vir skoolwerk. Die toegeruste klavierkamers is vir die gebruik van leerders wat musiek as vak by die Sentraal Musiekakademie neem.
Twee bussies vervoer leerders in die middag na buitemuurse aktiwiteite in die stad. ‘n Elektroniese skandeersisteem maak dit eenvoudig om leerders se aanwesigheid te monitor.
Die klanksisteem in die studiesaal verseker dat Eie Haarders sonder moeite funksies en sokkies kan aanbied. Die koshuis beskik oor ‘n moderne kombuis waar goeie maaltye keurig voorberei word deur bekwame en toegewyde personeel.
Die NG Kerk Berg en Dal bied kategeseklasse asook lof- en aanbidding geleenthede aan vir die leerders.
Die daaglikse roetine van die Koshuis is beplan sodat inwoners hulle kan uitleef en ontwikkel op sport-, akademie- en kultuurgebied. Daardeur word gepoog om ‘n gebalanseerde jongmens die samelewing in te stuur.
Eie Haard bied ‘n veilige hawe en beloof om elke Eie Haarder tuis te laat voel.
Alles oor Eie Haard koshuis




