Skip to main content

TRALIE VCSV

Hoërskool Sentraal, in samewerking met VCSV en verskeie jeug werkers in die stad, streef daarna om Tralies te help en ondersteun om ‘n nuwe lewe in Christus te bou en saam te leef.

Ons hoofdoel is om ‘n geestelike ondersteunings netwerk te wees vir elke leerder – om nie te oordeel nie maar eerder te motiveer om altyd doelgerig op God te fokus.

Daar word weekliks ‘n VCSV periode gehou waar ons sprekers en jeug werkers nooi om met Tralies te gesels oor onderwerpe waarmee leerders kan assosieer, of ons kringleiers berei lesse voor om met kringlede (mede leerders) in hierdie periode te deel.

Ons geniet en pak graag verskeie projekte en uitreike binne ons skool en gemeenskap aan, ons het gebed groepies waar ons vir ons leerders en onderwysers bid, ons hou ‘Praise & Worship’ aande asook Bybelstudie en fliek aande. Ons is deel van die nuwe generasie, om môre ‘n beter dag te maak as vandag – met God aan ons sy!

Wat is ons Visie?

Tralie VCSV se visie is om ‘n nuwe generasie na ‘n nuwe lewenstyl in Christus te lei en te ondersteun op die reis.

Ons streef daarna om mekaar aan te moedig om gefokus te bly op God en om mekaar aan te moedig om beter ambassadeurs van die koninkryk van God te wees vir ons skool, gemeenskap en die wêreld daar buite.

Wat is ons Missie?

Die VCSV bestaan as deel van die liggaam van Christus om God te verheerlik, deur die krag van die Heilige Gees.

Ons missie is dus, om:

  • Leerders in leiers te ontwikkel wat die skool en gemeenskap sal beïnvloed deur dienend Christelike leierskapswaardes, in mentorverhoudings uit te leef;
  • ‘n nuwe generasie te bou wat aktief streef na versoening in Christus en wedersydse begrip binne die realiteit van ons diverse samelewing;
  • nuwe lewe te bring deur die evangelie van Christus te deel, jongmense te begelei tot geloofskeuses en sy dissipels te koester;
  • ‘n nuwe kultuur te vestig deur die koninkryk van God te laat kom in die harte en lewens van dié wat saam met ons op die lewenspad reis.

Wat is ons doel as VCSV?

  • Evangelisasie: Om God die Vader, Jesus en die Heilige Gees in die skool bekend te stel en ander tot ‘n geloofskeuse vir Christus te lei.
  • Dissipelskap en lewensvaardighede: Om deur gereelde Bybelstudie, en die uitleef van die Woord van God (gehoorsaamheid), dissipels vir Jesus te kweek en jongmense te help hulle belangrike lewenskeuse in terme van God se wil te maak.
  • Geestelike ondersteuning: Om ‘n klimaat vir geestelike gemeenskap te skep waar lede mekaar ondersteun, geestelik te help groei, mekaar bemoedig en kan saam bid.
  • Dienslewering en uitreike: Om vir leerders ‘n uitdaging te gee om hul geloof verder te laat strek as die skool deur dienslewering en uitreike in die gemeenskap en oor grense heen.
  • Versoening: Om lede blootstelling te gee aan ander kultuurgroepe as hulle eie, en om begrip, waardering en ‘n nuwe instelling teenoor mekaar te help kweek en so ‘n bydrae tot die versoeningsproses in Suid-Afrika te lewer.
Kontak:
Bianca von Landsberg
bianca@sentraal.co.za

WAT BELY ONS? 

WAT BELY ONS? 

WAT BELY ONS? 

WAT BELY ONS? 

WAT BELY ONS? 

ONS GLO in die Vader - Seun en Heilige Gees in die soewereiniteit van God in Jesus Christus die Verlosser die Seun van God sy dood vergewe & versoen ons in die Heilige Gees die Heilige Gees motiveer ons die Bybel is die Woord van God die Bybel is finale gesag aan die Heilige Algemene Kerk om die evangelie te verkondig God roep ons tot gehoorsaamheid Jesus Christus kom weer almal word veroordeel HY is Koning.