‘n Mens sing in ‘n koor om deel te wees van iets groter as jyself, om iets te bereik wat jy nooit op jou eie kan bereik nie. Om ‘n klank te help maak wat jy nooit op jou eie kan maak nie en die heerlikheid daarvan aan niemand hoef te verduidelik nie.
BESKRYWING
Die koor is ʼn instelling by die Hoërskool Sentraal waar elke leerder se individuele sangstem ontwikkel word, ten einde ‘n eenheid en genotvolle klank te vorm. Dit is ‘n plek waar elkeen leer om gedissiplineerd in ‘n groot groep saam te werk, met respek vir mekaar.
DOELWITTE VIR DIE VOLGENDE JAAR :
Ons streef daarna om ‘n koor van uitstaande gehalte te wees, wat dan met trots sal optree as verteenwoordigers van Hoërskool Sentraal wanneer die geleentheid hom voordoen.
Ons streef ook daarna om te groei in getalle om sodoende ‘n klank kwaliteit te bereik wat gehore se asems sal wegslaan. ‘n Verdere doelwit is om met selfvertroue op te tree, sodat elke koorlid weet, dit wat ek doen is my beste.
Ons sing kompeterend en oefen doelgerig om by glansgeleenthede te presteer. Dit bly egter belangrik dat die koorlede moet geniet wat hulle doen en op hierdie wyse genot en vermaak sal bied. Prestasie is ‘n uitvloeisel daarvan.
”"By die Tralies word gesing om ‘n talent uit te leef, maar ook om met die universele taal van musiek ‘n boodskap van vreugde uit te dra."
AFRIGTERS

Dirigent – Me. Jo-retha Rossouw Begeleier – Me. Belinda Raath
WAAR TREE ONS OP:
- Ons neem aan verskeie koorfeeste deel – in Bloemfontein en in die Vrystaat. Vir die toekoms beoog ons om ook aan die Noord-Kaap koorfees (Kimberley) deel te neem.
- Kompetisie – ATKV Applous en Sing in Harmonie (sing in Harmonie het nie in 2023 plaasgevind nie). Ons beoog om in die toekoms ook aan die Suid-Kaapse Koor kompetisie (George) asook verdere koorkompetisies deel te neem.
- Gereelde optredes in kerke in Bloemfontein en omgewing is ook deel van die program.
OEFENTYE
- Maandae van 18:00 tot 20:00
- Woensdae van 14:00-16:00
- Vrydae van 7:15-8:00
- Naweek oefenkamp
SPESIALE VEREISTES
Die dirigent doen gedurende Oktober oudisies met Gr 8-11 leerders Daar is ook in Januarie geleentheid vir leerders wat dit nie vroeër kon bywoon nie.
Graad 7’s wat voornemende Tralies is, se oudisies word by die omliggende laerskole gedoen.
ADDISIONELE KOSTE
- Reis- en verblyfkoste vir ‘n kamp/toer
- Koordrag
- Kultuur/Koorhemp













