Skip to main content

Debat en Redenaars

Redenaars bied ’n platform aan raakpraters om hulle talente ten volle te benut. Dit leer ook die leerders om vol selfvertroue op te tree en hulle kommunikasievaardighede te bevorder.Leerders kry die geleentheid om hulle sê te sê en oopkop oor verskeie onderwerpe te dink.

Hoërskool Sentraal beskik oor twee dinamiese afrigters, Ronelle Ceronio en Tom Prinsloo, wat talle jare se ondervinding onder die belt het. Die groep leerders wat aan debat en redenaars deelneem, groei jaarliks.

Ons neem aan die volgende kompetisies deel:

Redenaars:

  • ATKV-redenaars
  • Oppie Tong Af-redenaars
  • Radikale redenaars

Debat:

  • ATKV-debat
  • Dink of sink: Oranje se debatkompetisie
  • Classic Clash teen JF

Uitslae:

  • ATKV Vrystaat finaal: 2 leerders het deelgeneem.
  • Radikaal Nasionaal: 2 leerders dring deur na die finaal toe.
  • Oppie Tong Af Nasionaal: 4 leerders dring deur na die finaal toe.
Ons oefen elke Donderdagaand
om 17:30-18:30 in kamer 40.
Enigiemand is welkom – ons sien uit
om al die nuwe raakpraters te ontmoet.
Kom geniet dit saam met ons
en praat ’n dooie jakkals aan die draf.

“Saggies praat is duiwelsraad,

so kom maak jou stem dik by

Hoërskool Sentraal

se

redenaars en debat.”

 

Kontak:
Michaan Wessels
michaan@sentraal.co.za