GROEN GROEP
Die Groen Groep is ‘n wetenskap omgewingsvereniging wat fokus op alledaagse kwessies soos aardverwarming, die koolstofvoetspoor wat verminder moet word , en dan ons bydrae tot bewaring, herwinning en hersirkulering.
Ons fokus veral op die herwinning van wit papier by die skool en die ideaal is om ook herwinning van blikkies, plastiek en glas te herwin. Groot houers is baie moeilik bekombaar. Ons poog om van die groothouers te bekom en selfs inligting rondom die beskikbaarheid sal vir ons van groot waarde wees. Die geld wat uit herwinning gemaak word, word aangewend vir die aankoop van nog groen drommetjies vir klaskamers en ook nog groot dromme.
Omgewingsontwikkeling poog om die gehalte van die skoolterrein se omgewing en die omringende omgewing volgens ‘n geintegreerde en holistiese wyse te verbeter.




